Gisteraand het die wêreld vergaan
Vanoggend het ek wakker geword
En ek het steeds bestaan
Ek dink dit was my skuld, ek dink dit was
En die's my tweede kans
Dit was anders as gewoonlik
Die nag het om die liggies gedans
Almal was vrolik
Mense het mekaar verstaan
Daar was musiek soos stilte
Daar was en dit was mooi en ek was daar
Gisteraand het die wêreld vergaan (Gisteraand)
Gisteraand het die wêreld vergaan (Wêreld vergaan)
Gisteraand het die wêreld vergaan en ek was daar
Die oggend was die mooiste
Alles het meteens bedaar
Ek het weer 'n kans gestaan
Soos die son opkom het die reën geval
Word wakker, word wakker
Alles is nog soos dit was en ons is hier