[ Featuring Laudo ]
So sê my is jy
Nogsteeds oor my en as jy nie is nie, lieg net vir my
Sagte reën
Opgeknoopte binnegoed, opgeknoopte brein, sagte beddegoed
Ons lewe met pyn
En as die ligte af gaan is dit ons oë wat skyn
En al wat ek geleer het is om stil te bly
So ek sê liewers niks nie
So sê my, is jy nog oor my en as jy nie is nie, sê liewers niks nie
Of lieg net vir my
Of sê net liewers niks nie, lieg net vir my
Soos 'n haelgeweer
Skuldgevoelens brein
Skuldgevoelens beddegoed
Ek wens ek kon verdwyn
Dis seker nou die tyd om soos grootmense te lyk
En als wat ons geleer het af te spoel by die drein
Ons weet eintlik niks nie
So sê my, is jy nog oor my en as jy nie is nie, sê liewers niks nie
Of lieg net vir my
Lieg net vir my
Lieg net vir my
Jy was jonk, so jonk
Lieg net vir my
Lieg net vir my
Lieg net vir my
As die liggies dof raak voel ons siele die pyn
As ek my oë toe maak sien ek jou voor my, jy was jonk
So jonk