Blokmanne drentel rond
Tussen stukke vleis wat hang
'n Nagmerrie, 'n gevoel van angs
Alle soorte wapens in die hand
Tussen die slagpale
Die reuk van die dood is in daai kamer
Stukke vleis
Vloer vol bloed
In hierdie plek gebeur verskriklike goed
Alles is rooi
Diere weet want diere skree
Laaste onbelangrike woorde
In vreemde tale
Stokstyf lê hulle op die grond
Tussen die slagpale
Die reuk van die dood is in daai kamer
Stukke vleis
Vloer vol bloed
In hierdie plek gebeur verskriklike goed
Ek eet saam
Ek eet saam
Ek eet saam
Ek eet saam
Ek is 'n karnivoor
Ek is 'n dier
En ek eet vleis
Ek eet net nie afval nie
Ek is 'n karnivoor
Ek is 'n dier
En ek eet vleis
Ek eet net nie afval nie