Ek hoor hoe haal jy asem
Dis my mooiste mooiste ding
N pouse in die donker
Se geleidelike in
Daar's 'n laai vol los papiere
Vir jou om deur te kyk
Sê watter ster met watter ster
Om verder te kan dryf
Kort 'n hand vol helder
Vir die dag se miskien
26 lyne
Om die suiderkruis te sien
Word ons ooit vergewe
Vir die ligte en geraas
Ek hoor hoe loop jy saggies
Met die trappe op en af
Daar's n skildery van Escher
Wat onder vir jou wag
Erens in September
En dis ver om te onthou
Watter ster met watter ster
Het uitgespoel in nou
Kort 'n hand vol helder
Vir die dag se miskien
26 lyne
Om die suiderkruis te sien
Word ons ooit vergewe
Vir die ligte en geraas
Hulle sê ons alles eindig
In 'n koue koue niks
Dis die enigste manier
Om die wereld te rangskik
N laai vol los papiere
Vir jou om deur te kyk
Sê watter ster met watter ster
Om tot by jou te dryf
Kort 'n hand vol helder
Vir die dag se miskien
26 lyne
Om die suiderkruis te sien
Word ons ooit vergewe
Vir die ligte en geraas
Iets van my
Iets van jou
N droom van dan
Verhaal in nou
Kan dit ooit weer stil wees
Na die ligte en geraas