Back to Top

Anton Goosen - 'N Brief Vir Simone Lyrics

Anton Goosen - 'N Brief Vir Simone Lyrics
Official

Vêr onder my druis die stadsgeluide
Die hart van Hillbrow wat flink aanstap
Die straatpredikante
En die Hare Krishna profete

Groot rooi bus snork verby
Die laataand koerantverkopertjie skree
In die meganiese
Grammadoela oerwoud

Hysbakke gly op en af
Blitspatrollie skeur deur die nag
En ek sit op die Hillbrowtoring en wag vir sonop en skryf 'n brief vir Simone

Ek wil jou hê, Simone
Ek wil jou hê, Simone
Ek wil jou hê
Simone

Die meisies van die aand wink
'n Straatmusikant se hoed lê honger en wag
Om silwer munte van die verbygangers
Op te vang

'n Blinde met 'n wit stok strompel
En die kunsgallery se gaste sien hom nie
Hul oë volg die art nouveau
Van die Artes

Later dra 'n digter voor
T.S. Eliot en hy versmoor die kuns
Maar ek sit op die Hillbrowtoring, ek wag vir sonop en skryf 'n brief vir Simone

Jou glimlag was vol deernis
Jy't my oneindige argumente beluister
Met die pseudoleiers
Van die kultuur

Hul redenasies oor reïnkarnasie
Sosialisme, sport en oor die digkuns
En of die hele wêreld
Dalk verkeerd is?

Jy soen my toe ons huis toe ry
En die gaste smoorkwaad agterbly
En nou ek sit op die Hillbrowtoring en wag vir sonop en skryf 'n brief vir Simone

Ek wil jou hê, Simone
Ek wil jou hê, Simone
Ek wil jou hê
Simone

Onthou jy St Markus in Venesië?
Die duiwe wat my jas toesak
Jy't gelag en gesê ek lyk vir jou soos Johannes Die Doper

Ek't gesê kuns het mos geen grense
Jy't my reggehelp en gesê as gevolg van die samelewing
Is die kuns mos gebonde

Maar ons was jonk verliefdes toe
Jou skip het om die punt geseil
En ek sit op die Hillbrowtoring, ek wag vir sonop en skryf 'n brief vir Simone

Jou handskoen in die stormwater
Die noordwind, ysig
Deur ons hare
Herinnering's soms net Freudiaanse insekuriteit

Want Katryn, Katryntjie, my wintervrou
Al my liedjies was net vir jou
My verse naïef
Maar hart oppie mou

Nou weet ek die donkietjie
Se hart verlang na jou
Want hy sit op die Hillbrowtoring, wag vir sonop en skryf 'n brief vir Simone

Ek wil jou hê, Simone
Ek wil jou hê, Simone
Ek wil jou hê
Simone
[ Correct these Lyrics ]

We currently do not have these lyrics. If you would like to submit them, please use the form below.

Writer: Anton Goosen
Copyright: Lyrics © Sony/ATV Music Publishing LLC

Back to: Anton Goosen

Anton Goosen - 'N Brief Vir Simone Video
(Show video at the top of the page)

Performed By: Anton Goosen
Length: 5:54
Written by: Anton Goosen

Tags:
No tags yet