Back to Top

Die Gaskunstenaars - 'N Brief Vir Simone Lyrics

Die Gaskunstenaars - 'N Brief Vir Simone Lyrics
Official

Vêr onder druis die stadsgeluide
Die hart van Hillbrow wat flink aanstap
Straatpredikante
En die Hare Krishna profete

Groot rooi bus snork verby
En die laataand koerantverkopertjie skreeu
Die meganiese Grammadoela oerwoud

Hysbakke gly op en af
Die Blitspatrollie skeur deur die nag
En ek sit op die Hillbrowtoring en ek wag vir sonop
En ek skryf 'n brief vir Simone

Ek wil jou hê, Simone
Ek wil jou hê, Simone
Ek wil jou hê (Simone)
Simone

Meisies van die aand wink
Straatmusikant se hoed lê honger en wag
Om silwer munte van die verbygangers op te vang

'n Blinde met 'n wit stok strompel
En die kunsgallery se gaste sien hom nie
Hul oë volg die art nouveau van die Artes

Later dra die digter voor
T.S. Eliot en hy versmoor die kuns
Maar ek sit op die Hillbrowtoring en ek wag vir sonop
En ek skryf 'n brief vir Simone

Jou glimlag was vol deernis
Jy't my oneindige argumente beluister
Met Die Siener
En die leiers van die kultuur

Hul redenasie oor reïnkarnasie
Sosialisme, sport en oor die digkuns
En of die hele wêreld dalk verkeerd is

Jy soen my toe ons huis toe ry
En die gaste smoorkwaad agterbly
En nou ek sit op die Hillbrowtoring en ek wag vir sonop
En skryf 'n brief vir Simone

Ek wil jou hê, Simone
Ek wil jou hê, Simone
Ek wil jou hê (Simone)
Simone

Onthou jy St Markus in Venesië?
Die duiwe wat my jas toesak
Jy't gelag en gesê ek lyk vir jou soos Johannes Die Doper

Ek het gesê kuns het mos geen grense
Jy't my reggehelp en gesê as gevolg van die samelewing
Is die kuns mos gebonde

Maar ons was jonk verliefdes toe
Jou skip het om die punt geseil
En ek sit op die Hillbrowtoring en ek wag vir sonop
En skryf 'n brief vir Simone

Jou handskoen in die stormwater
Die noordewind ysig in ons hare
Herinnering is soms
Net die Freudiaanse insekuriteit

Want Katryn, Katryntjie, my wintervrou
Al my liedjies was net vir jou
My verse naïef
Maar hart oppie mou

En nou weet ek die donkietjie
Se hart verlang na jou
Maar hy sit op die Hillbrowtoring en wag vir sonop
En skryf 'n brief vir Simone

Ek wil jou hê, Simone
Ek wil jou hê, Simone
Ek wil jou hê (Simone)
Simone
[ Correct these Lyrics ]

We currently do not have these lyrics. If you would like to submit them, please use the form below.

Writer: Anton Goosen
Copyright: Lyrics © Sony/ATV Music Publishing LLC

Die Gaskunstenaars - 'N Brief Vir Simone Video
(Show video at the top of the page)

Performed By: Die Gaskunstenaars
Length: 5:43
Written by: Anton Goosen

Tags:
No tags yet