Ek is moeg
Ek is moeg vir sterk staan
Ek is moeg vir alleen wees
In 'n huis waar ek wil tuis voel
Maar eindig op met 'n gevoel met geen doel
Ek is moeg om te huil
Ek is moeg vir die vuil woorde wat uit julle monde val
Want los 'n letsel op my siel
Dis genoeg
Ek wil hê julle moet my ken want ek is
Onperfek
Ek wil hê julle moet sien hoe ek omgee
Verstaan, hoekom ek skree
Want sag praat los haat in ons skaduwees
En ek's lief
Ek is lief vir almal om my
En ek probeer altyd gelukkig bly
Maar
Daar's 'n las wat op my hart hang
En die donkerte vang my soms
Ek is moeg vir sterk staan
Ek is moeg vir sterk staan