Sewe duisend stemme skree dieselfde hol simbole
En niemand stel belang in
Die tekens van die tye nie
Die man op die TV mompel duidelik die woorde
Dis die tydskrif wat alweer
Teen aard verhitting waarsku
Maar almal bou te hard aan die wêreld wye wrywing
Moet tog net nie probeer om dit te keer nie
Dis die revolusie sonder rede
En dit alles kom tot niks
Maak niks dan meer saak nie
Solank dit net goed lyk in die oë van die aanskouendes
Want almal huil
Want almal huil
Almal lag te hard om werklik te luister
Na die belaglike toestand
Knyp net jou oë toe en verwens die duister
Koes vir die weerkaatsing van jou gesig
In die trane van die kind
Met die geweer
Maar sal iemand dit keer?
Dit is jou reg
Maar is dit reg om als te ignoreer?
Dis die revolusie sonder rede
En dit alles kom tot niks
Maak niks dan meer saak nie
Solank dit net goed lyk in die oë van die aanskouendes
Want almal huil
Want almal huil
Dis die revolusie sonder rede
En dit alles kom tot niks
Maak niks dan meer saak nie
Solank dit net goed lyk in die oë van die aanskouendes
Want almal huil
Want almal huil