Kaalvoet uitgestrek, met die wolke wat vorm teen die blou
Twee dromers se gedagtes
Jou oë sê wat ek wou sê
Ek wil niks meer in hierdie lewe hê nie
As hoe jy nou vir my kyk
Hoe eensaam sal ek wees
Sonder jou in my gedagtes
Hoe leeg sal my lewe wees
Sonder jou in my hart
Die laaste lig van die dag val op jou gesig, en
Dis goudgeel in jou hare
En die takke van die lang populiere dans saam met jou
Met groen en silwer blare
Hoe eensaam sal ek wees
Sonder jou in my gedagtes
Hoe leeg sal my lewe wees
Sonder jou in my hart
En al loop ons paaie soms ver heen
Sal ons spore altyd kruis
En al vind my hoof soms elders rus
By jou is my huis
By jou is ek tuis
Hoe eensaam sal ek wees
Sonder jou in my gedagtes
Hoe leeg sal my lewe wees
Sonder jou in my hart
Hoe eensaam sal ek wees
Sonder jou in my gedagtes
Hoe leeg sal my lewe wees
Sonder jou in my hart