Jy kan die storms nie beheer nie
Jy kan die sonlig nooit verdoof
Jy kan die branders nie beteul nie
Of beveel om oop te kloof
Kan die vis en brood vir mense nie vermeerder
Of op water loop
Ons dien 'n God van wonders
Jy kan die blinde nie laat sien nie
Of verlamdes weer laat loop
Jy kan die dowes nie laat hoor nie
Of kan jy siekes dalk genees?
Jy kan 'n hart van klip nie breek met al jou woorde
Ons Here kan
Ons dien 'n God van wonders
As ek in die aand na die sterre kyk
En ek sien die maan wat helder skyn
Dan weet ek as die oggend breek
Is dit weer 'n nuwe wonder
So gaan elke dag by ons verby
Met soveel wat gebeur om jou en my
My Here leef
Ons dien 'n God van wonder
Hy kan die wentelbane vashou
Hy kan die sterre laat verskiet
Wie kan die lewe wek en vorm
In 'n leë moederskoot?
U hou die kosmos in die holte van Sy hande (Hande, hande)
Die Here leef
Ons dien 'n God van wonders
As ek in die aand na die sterre kyk
En ek sien die maan wat helder skyn
Dan weet ek as die oggend breek
Is dit weer 'n nuwe wonder
So gaan elke dag by ons verby
Met soveel wat gebeur om jou en my
My Here leef
Ons dien 'n God van wonder
As ek in die aand na die sterre kyk
En ek sien die maan wat helder skyn
Dan weet ek as die oggend breek
Is dit weer 'n nuwe wonder
So gaan elke dag by ons verby
Met soveel wat gebeur om jou en my
My Here leef
Ons dien 'n God van wonder
My Here leef
Ons dien 'n God van wonders