Sy is, nes die res
Op haar plek en opgedress
En saans as die ligte slaap
Word sy naak en verkoop haarself
Vir ander se plesier
Van die ondier
Sy sip-sip aan die atmosfeer
En die lugdruk raak nou swaar
En Megan gaan huistoe
Terug na die plaas
Waar jou ouers jou inwag
Ek waarsku jou
Vir die laaste keer voor die donker jou ook neem
Dit is laat, ses na twaalf
In November maand sy's 'n Saterdag sensasie
Dit is laat, ses na twaalf
In November maand in November maand
Die band in die hoek is al opgepak
Speel ligte agtergrond musiek
Haar simfonie van dronkverdriet
En Megan gaan huistoe
Terug na die plaas
Waar jou ouers jou inwag
Ek waarsku jou
Vir die laaste keer voor die donker jou ook neem
Dit is laat, ses na twaalf
In November maand sy's 'n Saterdag sensasie
Dit is laat, ses na twaalf
In November maand in November maand
Hier sit ek nou
Met my laaste sente
Om jou tyd te koop